Aan 'N Vriend Poem by Marien Jacobs

Aan 'N Vriend



Jou het ek as mede kind van God leer ken,
Maar gou het jy my hart kom wen
En het ek 'n ware vriend in jou gevind,
Onsigbare bande het ons aan mekaar verbind.
Bande te sterk om teen te veg en te stry,
Bande verbind aan 'n vriend van God verkry.

My vriend ek dank ons Vader elke dag vir jou,
Dat Hy aan my 'n getroue vriend soos jy kon toe vertrou,
Hoeveel jy vir my beteken sal geen woorde ooit kan beskryf.
Slegs woorde aan God uit 'n hart van dankbaarheid gedryf,
Sal ooit my dankbaarheid vir jou, my vriend kan bewys,
In tye as ek God, vir wie jy is, kan loof en prys!

Dankie vir die vriend wat jy op die oomblik vir my is,
Met 'n vriendskap wat nie eers die dood sal kan uitwis.
Jy's 'n vriend wat ek weet ek kan waarlik vertrou,
En ek bid God dat ek jou vriendskap vir ewig sal behou,
En dat ons vriendskap mag groei, dag na dag,
Of ons nou gaan deur tye waar ons huil, treur of lag.

Mag ons vriendskap in elke aspek strek tot verheerliking van ons Vader,
Sodat ons enige tyd saam, met vrymoedigheid tot Hom in gebed kan nader.
Ek bid dat God die middelpunt van ons vriendskap sal wees,
En dat ons Hom saam sal dien met ons hart, siel en gees,
Dat ons saam in God se koninkryk sal dien,
En andere Christus in ons vriendskap sal sien.

(2003 onwards c',))

COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success