[afrikaans] Kaalvoet Klonkie Man (Die Grootmens Weergawe) Poem by Lola Sanchez

[afrikaans] Kaalvoet Klonkie Man (Die Grootmens Weergawe)

Jare terug het ek oor jou gedig
laf en verspotte verse
soos Sylvia het ek jou lewendig gedink
soos Antjie se Ronsard
was jy 'n vlug van my verbeelding

Ek weet nie hoe jy lyk
dis nie van belang
ek weet nie wat jou naam sal wees
dis sekonder

maar ek ken jou hart
jou siel kuier by my in my drome
alles wat jou opmaak leef in my verbeelding

my meisie hart dink nog steeds aan jou
as my kaalvoet klonkie man
maar jy mag gesofistikeerd wees,
selfs dalk geheel anders as wat ek jou voorstel,
solank dit JY is

vind die paaie versteek in jou hart
volg die broodkrummels na my
kom bewaarheid my grootmens-dogterjie drome

COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Lola Sanchez

Lola Sanchez

Pretoria, Gauteng South Africa
Close
Error Success