Dertien Poem by Pablo Loves Life

Dertien



Dertien
vir die ongelowige
die “bad luck” getal
vir my, saam met kou
is dit die getal van die heelal
want al dertien sluit jou in
dit voed my siel
verkwik my liggaam
in groen weivelde
lei dit my na water
na rus
daar waar jy is
waar ons is

Dertien
se getal is soet op my lippe
want ek is nie ongelowig
en dit sluit jou in
maak die sirkel vol
dis die begin van
Ons

Dertien het die volmaakte sewe in hom
en ook die vyf
die wind,
wat huil om die hoeke van my hart
die reën,
wat my laat opkrul teen jou sagte lyf
die son,
wat ons sien opkom
wat ons liefde aanjaag in die oggend uur
die maan
wat groot en geel wag
vir ons liefde in die na-nag
en ‘n lint
wat ons saambind in ons liefde
maar ook in ons passie

Dertien is ‘n getal op sy eie
maar vandag bind dit my aan jou
en herinner my
aan ‘n liefde wat groei
met ewigheidsbloeisels
en sterk wortels
en takke
wat vir nou
ons geheim bewaar

COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success