Die Donker Stryd Poem by Gerhardus Keen

Die Donker Stryd

My keel trek toe
My hartklop versnel
Die beelde in my kop
Ek gaan deur hel

Die angs het my beet
Het my onkant gevang
Ek is weer daar
En dit maak my bang

Vergete dinge
In die verlede gelaat
Kom weer na vore
Om my gedagtes om te slaat

'n Vrees pak my beet
Ek voel ek gaan dood
Wie kan verstaan
Ek roep uit in nood

Jy mag maar dink ek is swak
Jy mag my selfs vermy
Maar ken jy ooit die stryd
Hier diep binne my

Post Traumatiese Stress Disorder
En angsaanvalle van tyd tot tyd
Is my persoonlike hel
Dis die Donker Stryd

© GK1-14-Feb-17

Friday, February 17, 2017
Topic(s) of this poem: anxiety,depression
COMMENTS OF THE POEM
Laurie Van Der Hart 17 February 2017

Gerhardus, dit is 'n kragtige gedig. Jou persoonlike stryd klink vreeslik. Kyk gerus na my gedigte Sounds of the night, Fire with fire en Uninvited Guests wat ook oor 'n persoonlike stryd handel.

0 0 Reply
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success