Giggels en gille
Giere en grille
Boyfriends en breakups
En al julle dinge
Skoolwerk en socials
Vroegdag tot laatnag
Hairdo’s en makeup
En worry en opwag
Kibbel en kwaad raak
Mooi praat en opmaak
Tantrums en trane
‘n Drukkie wanneer dit saak maak
Ek mis my meisiekinders
Meer as wat ek ooit kan sê
Twee weke is net nie lank genoeg
Vir al die tye wat ek saam wil hê
Maar een ding is verseker,
Is so standvastig soos ‘n rots:
Geen tyd, geen afstand vervaag ooit
‘n moeder se liefde of haar trots!
This poem has not been translated into any other language yet.
I would like to translate this poem