Elke Dorpie Het Sy Ou Kafee. Poem by Annabella Nel

Elke Dorpie Het Sy Ou Kafee.

'Elke dorpie het sy ou kafee, elke hart ook sy eie heimwee.
Maar soos die uurglas leegloop
Sal mens sy siel vir bietjie geluk verkoop.'

Soos oggendstond met goud in sy mond,
So maak liefde seer,
Soos n kruppel hond,
N vars wond.

Soos tolbos, kakiebos wat rol die vlaktes rond,
So maak liefde sy wond,
Soos n skurwe stuk grond.
N bar riviermond

Elke dorpie het sy ou kafee elke hart ook sy eie heimwee maar soos die uurglas leegloop
Sal mens sy siel vir bietjie liefde verkoop

POET'S NOTES ABOUT THE POEM
Wat sal n eensame mens vir liefde doen?
COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success