Hoe Het Sterre In Die Lug Gekom? Poem by Nine Vuuren

Hoe Het Sterre In Die Lug Gekom?

Hoe het sterre in die lug gekom?
Dit is 'n baie moeilike som...
Kom ek vertel jou gou.
Dit was eers die kos van 'n pou.

Dit was ongebore sterre
tussen blomme gebere.
Die geheimsinnige blom
het dit versteek onder sy tong.

Pou gaan haal sy kos in die suikerbos,
maar die saadjie laat los.
Stadig vlieg hy deur die fluitende wind
en gaan rus soos 'n lint

Aan die donker ruimte,
aan die buitenste buite.
Die kleinste fynste saadjie was vreeslik bly
hy het ontsnap en is nou vry...

Sunday, August 3, 2014
Topic(s) of this poem: stars
POET'S NOTES ABOUT THE POEM
Me and a friend wrote it for a school project.
COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success