Jouse Wigplek Myseplek, Ook Dan So Poem by Johan Fourie

Jouse Wigplek Myseplek, Ook Dan So

ek't jou gemis, gisteraand, heelaand...
ek't gaan strepe trek en vertroos
hierdie ander oor hul verwagtinge dan nou lê aan jouse kant van grense
dan gebaken buite hul bestek van gee, en ok neem

ek’t gemis jouse hier in my arms, en oë en ore, en neus en siel
soos die grense gepeil is was dan verruklik naby en ge-yk jouseplek
en jy was op anner plek waar jy jouse strepe ok sou gaan trek
...ensoos diese strepe inplek kom het’k gedink en gesmag na jou

Die terugry was jouse gesig in elke skaduwee en ligflits ge-ets
....maar net ‘n hersingskim
In myse bed geklim was jouse se geur en warmt een leegte
.......met net geheue van die nabyheid van jou die vorige aande, alreeds een leeftyd saam

...ek’t jou hoor roep toe ek slaap
Ek’t aan die klank vanjouse roep gevat en vasgehou
..onse saam’s die wig vanwaar ons reik na more se dae
...en daardie wig’s onse stabliele anker vir elke dag

...die plek van te gaan en soos gisteraand dan weer terug te keer
JefDoupta12012

COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Johan Fourie

Johan Fourie

Johannesburg, South Africa
Close
Error Success