Sintuie Poem by Sylvia Prinsloo

Sintuie

SINTUIE

Vandag is die dag wat ek gaan lag
ek wil God prys oor die lewensprag
net mooi in die lewe om my sien
want ek’s U kind wat dit verdien

My hande, saamvou in gebed
en meer op my seëninge let
my hart vol liefde wil ek hou
om mee my toekoms te omvou

Vandag is die dag wat ek wil treur
want soms pla my sondes my keer op keer
met liefde wil ek van U praat
en so die woord voeg by die daad

My ore wil ek nie uitleen
aan sondaar - my van U vervreem
my brein verryk ek met U woord
U liefde dra my altyd voort
2004 Sylvia

COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Sylvia Prinsloo

Sylvia Prinsloo

Pretoria
Close
Error Success