Sy Hand Poem by Sylvia Prinsloo

Sy Hand

SY HAND

Soete bergrivier
jy roep na mens en dier
Fiere palmboom
bring vir ons net nog ‘n droom

‘n Droom van goue lande
wat lê in God se hande
‘n Droom so mooi volmaak
wat aan die wolke raak

Wolke sag en wit
My lewe weer ‘n ander snit
Agter my ‘n donker lap
ek was so blind leeggetap

Leeggetap en uitgewas
so was my lewe so was my las
Ek sien ‘n boodskap voor my lê
wat is die doel wat wil dit sê







‘n Pad van rou het ek geloop
maar my smarte weer laat doop
Tog ek kan weer sterker wees
sterker as die ergste vrees

Ek is nou nie meer bang nie
vrees gaan nie om my hang nie
My God het nou my hand geneem
van Hom wil ek nie weer vervreem

2004-10-25

Sylvia

COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Sylvia Prinsloo

Sylvia Prinsloo

Pretoria
Close
Error Success