Uit Die Mond Van 'N Selfmoordenaar Poem by Marien Jacobs

Uit Die Mond Van 'N Selfmoordenaar

Rating: 5.0

Moenie nou begin om vra te vra,
Want nou, sonder om te kla
Sê ek bey,
Ek het gehoop julle sou kon raai,
Dat vir my die lewe te veel raak,
So ek het die dood gekies, maak dit dan saak?

Ek neem aan my lewe is 'n geslote boek,
Geen teken van depressie sou jul vind, al sou jul soek.
Wel, hoe moes ek of julle raai
Dat depressie in my lewe sy saad sou kom saai?
Ek wou ook nie praat,
Was bang julle raak kwaat.

Ek het probeer om my lewe keer op keer skoon te maai,
Maar tevergeefs, die saad het elke maal net dieper terug gewaai.
My visie was omtrent elke dag dof en vuil,
En my gesig sop nat gehuil.
Maar nou is alles verby,
Die sneller getrek, die stryd klaar gestry.

Mag julle my onthou my as iemand wat gelukkig was,
Wat in die lewe en samelewing, my gesin kon inpas,
Julle sonskyn kind….
Ek sou graag daardie woorde uit jul mond wou vind.

Moet nou nie kwaat wees vir my,
Of oor my dood begin te stry,
Want ek's iets van die verlede,
Fokus nou maar op iemand anders jul gebede.

(1998)
(Translated by Marien Jacobs: A Word From A Suicide)

COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success