Verlief En Verlore Poem by Loraine Lotter

Verlief En Verlore

Met 'n hart van goud is hy geseën
'n skitterende glimlag, verdwaalde oë.
Hoe voel dit om te lewe in 'n leuen?
Net hy sal weet.

Wense dat sy hom net moet raaksien,
Drome van hulle twee saam,
Gedagtes wat as die enigste geselskap dien,
Eensaamheid wat pla.

Liefde mak seer, dit weet hy nou.
Verlief en verlore,
Op 'n verloofde vrou.

Wat meer kan hy doen?
Gevangenes in 'n ander wêreld.
Verlange na net een soen.

Sal hy haar nog kry?
Sal hy haar weer sien?
Wat maak dat sy hom vermy?

Onbeantwoorde vrae...

COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success