Weer Tyd Poem by Elna Agenbach

Weer Tyd

lewe is
aan jou gegee
maar nou
volg jy die ink
wat agter jou is
vandag is ʼn warreling
van geskiedenis
in wording
elke dag is môre
en jou kinders
se verledes vlieg
saam met die klank
van die tromme
waarna niemand
luister nie

o afrika
nasies sien jou pyn
in grys word jou
bloue en groene
stadig opgelos
in verering
maar nie aan
die mens

so lyk tyd
eerloos
hardloop dit
bo-oor drome
dit daag sommige uit
kalmeer ander
maar jy my kind
volg die ink
in jou hart
skryf op die vlaktes
van afrika
met die hartspen
van jou drif

vir ʼn land weer
in die hersenskim
van tyd en nasies
om voor te bid
die land is tyd
in groen en blou
en lewe vandag
want die mens
se raamwerk
is geslepe
in sy aanspraak
op leefruimte
is donker
is afrika

in die tydlose
omhelsing
van die onbekende
is die arm gulsigheid
van die magteloses
ʼn sluiper
met bloedsaad
bevlek

dan weer
is tyd..
lewe
lank
tog net
ʼn oogwink
en die mens
is nie sterk
nie

en die fortuin
van mag
is die dood…

COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success