Wil... En Mag Ek? Poem by Johan Fourie

Wil... En Mag Ek?

wil ek, kan ek, mag ek hierdie beker drink?
...vertrou, en weer in die binne kring in te bring?
...blootstel en oopmaak?
...het ek beheer en 'n keuse?
wat is die implikasies, as ek dit laat verbygaan?

soos 'n blom uit die aard van sy wese
...sy kelk vorm en ontvou
...en die stuifmeeldrade uitreik in sig
...en blootstel aan wind, voëls en insekte vir bestuiwing
het ons geen beheer oor reëls van die kosmos, gerig deur die heelal
gegewe dat ons toe ons die kelk vorm, soos die blom
die bye-, die wind-, en alwat insek daarbuite, uitgenooi het te kom drink

die blom, sy stingel en lower die resultaat van my gedagtes en behoeftes
die wortels was nie my keuse, maar die blom die resultaat
...en mag, en kan die wind kom, en kruisbestuif
...maar hopelik sal 'n insek suiwer die stamboom bewaar
deur toegewy slegs hierdie blom te bestuif

COMMENTS OF THE POEM
Gisela Van Reenen 16 September 2012

Hi Johan, ek het vandag op jou blad afgekom. Hou van wat jy skryf. 'n Man met vele talente. Gaan jy nog plaas? Groete, Gisela van Reenen

0 0 Reply
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Johan Fourie

Johan Fourie

Johannesburg, South Africa
Close
Error Success