X.Diva Poem by YURI DURAAN

X.Diva

‘n Engel uit die hemel het Diva kom speel
en opera areas gesing uit haar keel
sy’t gedans op die wind soos ‘n guitige kind
en die werke van Mozart en Verdi verslind

Met haar magiese stem het sy die aarde verower
en al wat wese is met haar stemp betower
Sy’t gesing en gesing tot sy net nie meer kon
en teen die einde vna die nag verdwyn in die son

Soms, as die wind waai, dan draai jy net jou oor
en jy sal die lied van die Engel weer kan hoor
Met die klank van die luit beleef jy Deja-vu, en jou
siel volg haar weereens na die einde van die reënboog toe.

COMMENTS OF THE POEM
Margaret Alice 29 March 2008

Solank you diva na Jenny Lindt verwys - of Edita Gruberowa - of Mimi Coertze - sal ek jou gelyk gee, maar as dit om die Liewe Sarah B. gaan, verwys ek jou na Terry Pratchett - dat mens nie 'n lywige dame met 'n fantastiese stem na 'n guitige danseres kan laat lyk nie, maar jy kan 'n beeldskone popsie leer om gemiddeld te sing en dan met haar voorkoms en geld roem te koop - die Phantom het Christine gekies om haar voorkoms, nie haar stem nie, verklaar Terry Prachett met 'n vonkel in die oog - en ek stem saam!

0 0 Reply
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
166 / 122
YURI DURAAN

YURI DURAAN

South Africa
Close
Error Success