Ek vind jou altyd in die reen -
die plas van die druppels
poele om my enkels...
die liefjou trane van ekstase
teen my ruit af na die ontvanklike,
dorstige aarde...
Hoe is dit dan dat ek jou nog nooit
met die winterson ontvang het nie?
Dit omvou my,
neem my in 'n omhelsing, tol my om
in 'n wenteling van tyd
hierdie wintersmiddag...
Ver van jou is ek
Ver van reen is ek...
maar ek leef en haal asem
in hierdie son.
This poem has not been translated into any other language yet.
I would like to translate this poem