Elna Agenbach


Aan Die Onbekende Man

toe ek
bedwelm
rondtas
na uitkoms
op die rand
van die afgrond
het jy met
enkel woord
die blare uit
my keel
gehaal
en ek
kan weer
asemhaal

[Report Error]