Phillip van Heerden


Skarlakenfraktuur

haar donker misterie
van verborge palet
van bors en tepelolyf
verruklik die vorm figuur
oor haar kwas gedryf

gedagtegepen
in haar musesnag
op verfdoek sweet
haar lyf blinknaaknat
in skerwe rooi gespat

[Report Error]