(afrikaans) Ek Wou Net Help! ! Poem by Carike Klokow

(afrikaans) Ek Wou Net Help! !

Rating: 2.6


Nou wat moet ek doen?
Hier aan die ander kant van die muur
Ek kannie verstaan hoekom jy my so uit sny nie
En hier sit ek nou, uur na uur

Verstaan jy nie my hart is oop
Ek wil net help, jou weer reg kry
Hou op om my so af te breek
Hou op om altyd met my te stry

Agter die muur wat jy gebou het
staan ek met my arms oop
ek sal jou help om oor hom te klim
ek wil jou help, ek het nog hoop

Hoekom is dit so moeilik vir jou om eerlik te wees
my hart is seer ek het vir jou gese
as jy my net wil vertrou kan ek help
die twee van ons kan soveel he

Verstaan nou mooi wat ek vir jou se
my hart is seer ek wil gaan le
gaan nie meer my kop oor jou breek
sal jou definatief nooit weer smeek
As dit die lewe is waarvan jy so hou
sal ek terug staan dat jy jou muur kan klaar bou!

COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success