[afrikaans] Kaalvoet Klonkie Man Deel 4 Poem by Lola Sanchez

[afrikaans] Kaalvoet Klonkie Man Deel 4

wanneer my potlood
sal waag om oor jou te dig
sal hy saggies in Afrikaans
jou seëninge en sondes tel
skaam-skaam sal hy die
ligte skakerings van jou veelvoudige persona
optel op die roomwit bladsy
die woorde sal sonder oponthoud tussen die waterlyne swem
hulle sal hul plek inwag
om jou goedhede te besing

vanaf jou droom vingertoppe
tot by jou manlike voete van klei
sal ek aan die wêreld beskryf
my kaalvoet klonkie man
fantasie man
sprokie man

COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Lola Sanchez

Lola Sanchez

Pretoria, Gauteng South Africa
Close
Error Success