(afrikaans) Verewig Ons Poem by Carike Klokow

(afrikaans) Verewig Ons



Jy gee my alles wat my hart benodig
Dit en meer en sonder woorde
Diep hier binne, binne my
Was ‘n breuk ‘n kraak so wyd
En in my kop speel die oomblikke weer
Van toe ons ontmoet het en al die seer
Maar met tyd en geduld genees jy die pyn
En die pad wat ons saam stap is ‘n reguit lyn

Met woorde probeer ek vir jou se
Net n bietjie my liefde in jou bele
Maar hoe ek voel kan ek nie sit in ‘n sin
Spokies, liedjies of gedigte te min
Ek wonder soms is dit alles werklik
Wanneer gaan ek nou wakker skrik
My prentjies en drome is alles saam jou
En ek hoop dat dit die keer verewig sal hou

COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success