Gerhard Knight - ‘n Vader Se Gebed Poem by Margaret Alice Second

Gerhard Knight - ‘n Vader Se Gebed

Hi Kayley
Nou het ons ontmoet en ek het jou in my hart gevind
Jy is pragtig, betowerend, ek weet jy is my liefste kind
Ek wou jou in my arms neem - maar iets het my gekeer
Kom ek erken iets aan jou - dis vir my die eerste keer -
- En daar is so baie wat ek nog moet leer!

Die tyd sal kom - ek kan nie wag nie -
Dat ek jou kan omhels in al jou Prag
Ja, wat ek gesien het op daardie dag
Was 'n Ware Klein Engeltjie van Bo
My hart juig omdat ek altyd in jou glo!

So vriendelik in jou soete, liefste glimlag-lig
Glansend in porselein skyn jou gesiggie fyn
Dis waarom ek huiwer om aan jou te raak
‘n Lomp, dom man is bang dat jy sal breek
Weet dat liefde vir jou my hart verteer

Ek bring my dank vir jou Prag-Ma vandag!
Sy't lewe geskenk aan my Mooiste Meisiekind
Mag sy geseënd wees, omring deur die liefde
van jou Vader, jou Boeta en klein Liefling-JY -

En ek bring hulde aan jou Ouma - Dankie Ouma
dat jy die hele pad met Ma en dogter gestap het
(Ek het nog altyd geweet jy het 'n Awesome Ouma!)
Ek kan sommer sien - groot bederf is aan die kom -
Geniet dit my liefsteling, my eersteling, my hartedief

Van hier af wil ek jou verseker dat jy wel 'n Pappa het
Hy gee waarlik om, wil jou leer ken, koester en liefhê
Die afstand is moedswillig*, maar Pappa en Mamma
sal alles nog uitstryk, altyd eerste na JOU belange kyk

Binnekort leer ons twee mekaar baie goed ken, my lief,
Nou bly jy in Moeder se bekwame sorg, my Liefsteling
Hiermee jy is op die beste plek waar jy ooit kan wees!

Jy, moederhartrowertjie, bly by die heel beste Mamma
in die hele wêreld - doe-doe my diefstetjie -

Weet verseker Pappa stuur jou sy liefde elke dag - en
Elke nag as slapenstyd nadertjies bid hy vir jou, klein

Lieflingkind, dat die Hemelse Heer jou veilig sal hou - en
al is pappa nie naby nie, bly jy vir ewig binne-in sy hart

Baie Liefde - Van Jou Trotse Pappa

[moedswillig* = aspris die woord gekies omdat by kindertaal pas]

[Geskryf deur Gerhard Knight]

[02 Oktober 2014]

Friday, October 3, 2014
Topic(s) of this poem: love
COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success