Jou Oë Weerspieël Jou Seer Poem by Marien Jacobs

Jou Oë Weerspieël Jou Seer

Jou oë, my liewe maat, is die vensters van jou siel,
Wat wys jou binneste is na al die jare, nogsteeds verniel.
Jou oë weerspieël al jou pyn; al jou hartseer
Wat voor jou uitgestrek lê, soos 'n onoorbrugbare meer.

Deur na ander se pyn te luister, probeer jy van jou eie pyn vergeet,
Terwyl jy nie daaraan dink dat ander dalk ook van jou seer wil weet.
Sal jy my nie alles kom vertel, en my so leer vertrou?
Om te verstaan, alles waaroor jy jou lewe lank al rou.

Moenie vrees, dat ek jou daaroor sal verlaat
In 'n tyd wat jy my kom vra om raad,
Want by jou sal ek bly staan
Deur elke tree en traan.

Neem my dan nou op my woord, asseblief,
Want vir jou het en bly ek as vriend altyd lief,
En deur Christus gee ek om vir jou,
So moenie huiwer nie, maak gou!

Want my hart word nie heel nie, maar bly rou
Solank die seer aan joune kou.
Maar my liefde fir jou my vriend, bly altyd vol,
Want God se liefde het ook in my hart ingerol.

Maar tenspyte van al jou seer
Het jy my iets spesiaals kom leer,
En dis hoe om jou vriende waarlik lief te hê,
En dit nie met net jou mond, maar jou lewenswyse te sê.

(1999)
(Translated by Marien Jacobs: Your eyes reflect your pain.

COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success