Nee Poem by Janine Louw

Nee

Te bang om nee te se
begrawe onder redes wat geen stene vir my eie pad le
Te bang om op te staan
my denke wat my redes gee, te besaai met vrese dat hulle te hard gaan slaan
as ek opstaan en my stem en my wil kom lewe gee.

Saulus het Paulus kom word toe hy opstaan
en Jesus,
Jesus het Koning kom word met Sy opstaan
hoekom dan nie ek
as die Koning loop soos Hy spreek
en Hy doen
hoekom dan nie ook ek.

So nee aan al jul onderdrukkers
nee aan almal wat met vrees vir hul vuis regeer.
Nee aan al die swakkes wat my die draer van hul insecurities wil laat wees
Nee drie maal nee.

No to those who know not themselves,
but offer to assess me.

No to the man I have to bow down before
yet I do not respect him
No to the head of the house who doesn't deserve it yet clasp it with his iron grasp while every bit of his essence oozes into every molecular part of this kingdom he proclaim his.

Nee vir buig en ja en amen se
te bang om my opinie te lig, want 'kak' praat volgens jou, beteken jou vuis sal my op die grond laat le.
Nee vir die siekes van hart wat sy binnekind se pyn
op 'n ander kind wreek,
te bang om self die pad te stap
wat deur pyn en ontnugtering soete waters
oor gebroke siele laat breek.

So nee, nee, 'n duisendmaal nee.

Nee
Friday, January 23, 2015
Topic(s) of this poem: abuse
POET'S NOTES ABOUT THE POEM
I wrote this poem in Worcester, South Africa on the 24th of March in 2013.
COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success