My lief...
ek bring vandag vir jou
die rooi van granaat wat
uitbreek uit my hande
soos die son op jou
gelaat
ek wens jou die
oker van herfs en vreugdevolle
ure wat soos windverwaaide
blare dwarrel oor die
lande
ek gun jou die gulheid
van safraan wat die
goedheid van hierdie
dag kom blootlê in jou
oë
en laastens my lief
gee ek jou die reën, die
soet silwer reën wat jou was
en kom neerlê in my
hande
This poem has not been translated into any other language yet.
I would like to translate this poem