Vroeg-Oggend Blues Poem by YURI DURAAN

Vroeg-Oggend Blues

Die oggend spoel by ons venster
in….eers oor die tafel, dan die bed
en oor die laatnag fluisterwoorde
wat steeds tussen ons hang

Ek het gegiggel omdat jou
nagsoen gekielie het
Jou stem was donker van
die vaak

Die kat het op die muurtjie
buite sit en kyk na die maan….
rustig, soos jou asemhaling
teen my rug –

Tyd, o kosbare Tyd het stilgestaan
langs my bed en gewaak oor ons
stil woorde – en die nag vasgeketting
in my hart

So oggend kom! Sonskyn kom!
Verf die dag met helder hale…
My voete sal my dra deur goue strate,
terug na die nag….. na jou.

COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
166 / 122
YURI DURAAN

YURI DURAAN

South Africa
Close
Error Success