Waar Staan Jy Poem by Marien Jacobs

Waar Staan Jy

Swerf jy nog rond
Of is jy op die vaste grond?
Wie is jou Koning,
Kry jy eendag die goeie beloning?

Is God die Een na wie jy strewe?
En het jy al die ewige lewe
Of is jou siel nog in donker gange,
Jy weet net daar’s êrens ‘n diep verlange
Na vrede van Bo;
Jy kan dit kry as jy waarlik glo.

Jesus Christus het ook vir jou gely
Sy bloed maak ons van sonde vry.
Met ope arms wag Hy nou vir jou,
Hy wil jou teen Sy bors vas hou,
En sê: Jy’s vergewe,
Hier is die ewige lewe!

Terwyl jy Hom nog kan vind moet jy Hom soek,
Anders rus op jou dalk die ewige vloek.
Kom na Jesus, Hy wag net vir jou,
Hy wil jou lankal styf in Sy arms toe vou!

(2001)

COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success