Ware Liefde Poem by Amanda Boucher

Ware Liefde

Wanneer twee mense se paaie kruis om een te word
Word hulle deur hul liefde vir mekaar omgord
Klein gebaartjies vloei tot ‘n kenmerk van hul lewe saam
Gesigte wat ophelder as hul mekaar sien, virewig in ‘n raam
Geen probleem is te groot solank jy dit aan Jesus opdra
Geen twyfel of verwyt skuil in onskuldige vrae
Ware liefde smelt tot ‘n vloeibare stof saam
Om in te werk waar die ratte wil begin skuur
Julle gedagtes smelt tot ‘n eenheid saam
Sodat die tyd wat jul uitmekaar is net ‘n rukkie duur
Mag julle liefde groei van jongeling tot ‘n volwasse eenheid
Mag jul gesin vas geanker wees in die Heer se grootheid
Mag jul voete in gelid bly van mekaar
Mag jul met vreugde na die sterre staar

COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Amanda Boucher

Amanda Boucher

Vereeniging South Africa
Close
Error Success