Elke oomblik saam met
jou is soos 'n stuk van
'n legkaart...
baie stukke blou
baie stukke gras
klein stukkies hemel
vir elke keer wat ons saam was
te veel stukke om te tel
te veel om te bou
te min stukke saamwees
om aan vas te klou
Hierdie legkaart is nog
ver van klaar
nog nie genoeg om te onthou
maar kyk hier in die hoek, Baby,
ons het reeds
die son gebou.
This poem has not been translated into any other language yet.
I would like to translate this poem