Op ‘n ver strand dink ek soms aan jou –
aan die verlatenheid waarmee ons
mekaar aangeraak het –
daardie laaste ure,
voor die sonsopkoms ons
toekoms verblind het.
Dink jy ook, en verlang jy?
of maak jy ook doellose voetspore
in die sand wat lei na nêrens...
met voetval wat die dowwe
slae van my hart ego
hier waar ek op
‘n ver strand loop.
This poem has not been translated into any other language yet.
I would like to translate this poem