Z. 'N Silwer Ring Poem by YURI DURAAN

Z. 'N Silwer Ring

Ek het vir my 'n ring gekoop -
'n silwer ring
met 'n dieprooi steen
en dit op my vinger geplaas
waar die leemte op my linkerhand
my afgetrek het
in peinsinge
selfverwyte
bitterheid...
my laat water trap het in die
verlede..

Die ring was nie duur nie,
die simbolief egter
onmeetbaar
onskatbaar...
Dit het my vinne gegee -
watervoete
en 'n visioen van lig
bokant die water
en die lig roep na my
en nou kan ek swem,
op,
na die lig toe.'

COMMENTS OF THE POEM
Gerhard Knight 13 July 2008

Indien die ring jou laat voel het dat jy water trap - was hy seker elke pennie werd

0 0 Reply
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
166 / 122
YURI DURAAN

YURI DURAAN

South Africa
Close
Error Success