Sukkelende deur die dorre woestyn, baklei
teen die onwilligheid in my brein; ek wil nie
sonder inspirasie bestaan nie, hierdie leë
oomblikke in tyd word genegeer; uitgewis;
Die tjek wat tyd my gee vir vandag is ge-
kanselleer; niks bereik en nêrens gekom
nie, geen nuwe gedagte gedink of uitkoms
gevind nie; tevergeefs gegrawe na
Juwele van insig en glinsterende begrip –
niks tot stand gebring nie; geen kosbare
vreugde van wysheid om te wys nie; geen
voordeel uit hierdie bewussynsgerigtheid
Op die werklikheid behaal nie; geen skoon-
heid daargestel nie; geen wonder dat mense
hand aan eie lewe wil slaan nie; om so in die
leegte van onwillige doelloosheid
Aan te sleep, is bittere verydeling van
ideale en wense, visioene en drome...
[Today is a cancelled cheque, no jewels found on the digs, no beauty created]
This poem has not been translated into any other language yet.
I would like to translate this poem