Afr: Vir Die Aardigheid Gelees – Babilon* 7.5.2008 Poem by Margaret Alice

Afr: Vir Die Aardigheid Gelees – Babilon* 7.5.2008

“Ek slaap in die rus van die statistieke gesus, ongesien, ongehoord,
en dof en loom in my syferdroom...” met apologie aan A. G. Visser

Sê oom Suurklont –
my kind, jy praat mos nou strond!
En ‘n feëtjie op ‘n webwerf?
Heiligskennis! Morele verval!
Babilon is op ons, die volk
moet murmureer!

Oom Suurklont is ‘n Ingilsman
met eersgeboortereg op heilige
sarkasme, toe ek liefies antwoord,
Haai oom Suurklont, oom is reg,
‘n bose feëtjie moet dadelik weg,
toe brul hy van onplesier:

Wyk satan, ek soek nie jou sarkasme
in my lewe nie! Moet die jeug aljimmers
dwars wees? Nogal volksverraad, dié kind,
foto met ‘n donkerbril, hoe moet ek nou
weet hoe die Afrikanerkind dan lyk? Is dit
nou ‘n foto van haar of haar ma of wie?

Haai oom Suurklont, antwoord ek gedwee,
Ek sal maar vir jou ‘n ander foto gee;
Maar wragtig kind, blaker oom Suurklont
aan, ek het jou wanskapige rympie net vir
die aardigheid gelees – net omdat dit
DAAR was, en ek wonder – is jou ander
versies ook so swak en vol simpel twak?

Ja, antwoord ek in alle eerlikheid, Maar
toemaar, oom Suurklont, troos ek gou,
Met die hulp van die berou hoef jy nooit
weer my pynigende, nimmereindigende
boererympies ooit te lees nie, nou is oom
bemagtig, en ek kan dit bekragtig, om
versigtig verby my woeste – nagemaakte
halfgebraakte - filosofiese ritrympies te mik

En oom se eie limerieke te meet aan die
statistieke van al die ander Ingilsmanne
wat al giggelende, met vreugdetrane
biggelende; sal voortlees!

* When Babylon leads us into moral decadence,
it behoves a Sauerkraut to express his diffidence.

COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Margaret Alice

Margaret Alice

Pretoria - South Africa
Close
Error Success