In donker dieptes van my fotofobiese siel
kruip die alle fraaiste
eienaardighede weg
geen oog het dit al gewaar
of hand dit aangeraak
soms vergeet ek dis daar
daar waar verlede gediertes krioel
en die toekoms vreesaanjaende geluide le en maak
daar waar sonskyn weinig inkom
-of verwelkom word-
Die eienaardighede moet die verlede gediertes keer
en die toekoms mak maak
soms is hul teenwoordigheid 'n glinster in my oog
of 'n wip in my stap
maar meeste van die tyd
is hul net sigbaar
in 'n skalkse glimlag van weet
van vasberadenheid
Toekoms sal 'n mak hond word
wat in die kombuis by die stoof le
en droom van oorwinnings oor verlede gediertes
'n lojale brak wat reg is vir aksie
maar heel gelukkig die kombuis teels sal warm le.
This poem has not been translated into any other language yet.
I would like to translate this poem
asemrowend :) dit maak mens sommer warm van lekker kry en versteurd in angstigheid...