[afrikaans] Net Vir Jou Poem by Aardwolf Jakkals

[afrikaans] Net Vir Jou

Is dit die glimlag?
Wat my knee lam maak
Die reuki wat jy in die kamer inbring?
Wat die meubels in my hart laat spring
Is dit dalk jou lyfie?
Wat my na my asem laat hyg
Is dit jou stem?
Wat my ore streel soos die klanke van die see
Is dit jou lippe?
Wat my wang laat gloei met die hitte van jou hart

Dalk is dit kleiner goedtjies?
Wat hulself in my gedagtes herhaal
Soos…
Jou vrolike lag op die hokkie veld?
Jou handjie in myne tydens die fliek?
Dalk die soene wat ek in die kombuis steel?

Dit het dalk met al die goed te doen
Maar hul bly oppervlakig soos ‘n soen.

Dit is vir my….

Dat jy die stem is in my agterkop.
Die kooltjie in my hart.
En die stof van my siel.

Dit is my liefde vir jou
MY LIEF.

COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success