[afrikaans] Ons Poem by Lola Sanchez

[afrikaans] Ons

Rating: 5.0

Ek voel hulpeloos by jou
troosteloos sonder jou
beheer het ek lankal afgegee
maar gee nie so gou op,
sal aanhou hoop.

ons verdien ‘n kans
maar bang is die woord vir wat ek voel

Bang vir myself
of vir jou?
die weet ek ook nie

‘n koue gevoel
omsirkel my soms
in die omgewing van my hart

Die alleenheid vang my onkant
en speel speletjies met my kop
die donker bring ou gesigte
en voorgevoelens tot die voorgrond

Ek voel soos ‘n marionette
sonder toutjies
en jy maak my dans.

COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Lola Sanchez

Lola Sanchez

Pretoria, Gauteng South Africa
Close
Error Success