soms in die warboel
verloor ek myself
tussen eksamens, bestuurslesse,
optredes en ander onbenullighede
Grootword is harder werk
as wat ek gedink het
en...
alhoewel dit opwindend
nuut en vreesaanjaend is
beteken dit seker ook
dat ek miskien meer...
minimalisties moet begin leef
minder bagasie saam sleep
die regte Grootword begin nou eers
en daar sal onafwendbaar
nuwe bagasie by kom
so ek moet plek maak
ek weet nie of daar nou
genoeg plek is op my
atlantis skouers nie
ek hoop my lewe is
'n soet ryp perske
wat ek netso van die boom kan af eet
sonder enige gifstowwe,
kleurstowwe of enige iets
wat dit kan vergal, verkleur of verdof
mag elke dag 'n uitdaging wees
-nie te groot-
maar groot genoeg om my geïntreseerd te hou.
This poem has not been translated into any other language yet.
I would like to translate this poem