maak tee van my hart
week hom sagkens in
lou warm water
van teleurstelling
roer lepeltjie vir lepeltjie
se selfverwyt in
met 'n splertsie onkunde
geniet my liefdes tee
met die soete smaak
van verloor
dan weet jy
jy het my lief gehad
jy het my lief gehad
en verloor
in die kronkeldraaie van jou en my
Lola Sanchez 06/09
This poem has not been translated into any other language yet.
I would like to translate this poem