die Heiligste entiteit
met sy vinger op die pols van die stad
Honger kinders vra
'waar is Hy'
samaritane lewer kos af
begin sopkombuise,
daar is Hy
Oorlog omgespite lande
smeek 'waar is Hy'?
in vredes besprekings, vredes optoe
tot by die finale handskut
tussen die grootname
daar is Hy
Sukses verhaal sterre
sepie sterre en rock 'n roll divas
sing 'waar is Hy'
in elke melodie
elke noot
elke oorwinning,
elke mylpaal behaal
daar is Hy
Armes, gestremdes, oues en kinders
wonder in oomblikke van swakheid
'waar is Hy'
maar in elke glimlag
elke eerste tree
en elke laaste tree
is Hy ook daar
This poem has not been translated into any other language yet.
I would like to translate this poem