Dis maklik om te se alles sal uitwerk
maar het jy die seer in my siel opgemerk?
Jou woorde vol hoop
so soet soos stroop
nou amper vergete
Ure gesels oor ditjies en datjies
somerso weg
soos ou voordeur matjies
Ons was gelukkig, Jy weet dit ook
soos hulle se soort soek soort
Jy sal iemand vind
en jul liefde sal verewig verbind
Maar hoe weet mens werklik
wat sal gebeur?
hoe verwerk mens die hart se diepste pyn en seer
Kom 'n bietjie nader
bly 'n bietjie later
hou my vas
soos toe ons was
Sonder draaie
of ompad paaie
vra ek jou om te bly
hier in my hart
in die arms van my
This poem has not been translated into any other language yet.
I would like to translate this poem