Hierdie is maar net
soos ek hul ondervind
die mense van Virginia
die kinders van die wind
sy wag tot haar man gaan werk het
dan ry sy na die bar
en daar suip sy te lekker
en ontmoet sy haar minnaar
hul ry saam na haar huis toe
wat hul doen sal ek nie weet
maar hy kom alleen terug bar toe
en hy's trommeldik gevreet
die vrou wag tot haar man kom
sy wil sy payslip sien
sy moet budget vir haar bar trips
sy het dit mos verdien
die man ry na sy werk toe
hy klok in by die myn
maar hy gaan nie ondergrond nie
hy het saam met sy pel verdwyn
hy sit daar in die bar
hy suip sy dop intiem
dan gewaar hy haar
die getroude vroutjie wat hy sien
hul ry saam na haar huis
hy weet wat hul daar doen
hy kom alleen terug bar toe
op sy kraag 'n lipstick soen
hy wys sy vrou sy payslip
hy's trots op wat hy pay
hul altwee jol te lekker
hul sal mekaar nooit skei
dis Sodom en Gomorra
almal slaap hier bymekaar
ek sal dit nooit verstaan nie
dié plek is deurmekaar
© GK1-28-Jun-17
This poem has not been translated into any other language yet.
I would like to translate this poem