Dit hang aan jou lippe,
wat binne jou hart aan die broei is.
Slaan jou stom, jou reaksie krippel,
maar tog in twyfel glo jy dit.
Soos skadu in die skemer son
verdwyn jy in jou eie spyt.
Al glo jy in God hunker jy soms
vir jou eie oorspronklikheid.
In jou selfgedrewe opinie
sien jy ‘n eerlike gedaante.
Omvou maar die mantel oor jou kop,
steek net weg al jou geraamtes.
Want lag-lag sal jy inmekaarsak
in jou eie emosionele kinderagtigheid.
Wanneer jy als net opneem as ‘n grap
moet jy weet wanneer om te hol en gryp.
Want mens is mens is mens is mens
en in jou verwyt sal jy verskoning vra
vir dit wat jy binne jou mou wegsteek.
Dis die gewig wat ek op my skouers dra.
Gryp vas tussen die lyne
of val maar agterstevoorom.
Stadig oor die wenstreep sal ons nog kom.
This poem has not been translated into any other language yet.
I would like to translate this poem