Dissiepels Poem by Renee Maritz

Dissiepels

Net soos Noag, David & Abraham
word dissiepels van die ware lam.
Net soos Johannes, Lukas of Filamon
leer die word en vertrou net op Hom.
Leef soos Titus, Markus & Daniël
wys vir almal dat God maak ‘n verskil,
of
wees dan net soos getroue Job,
die beste dienaar van onse God.

As jy is soos die kind van God,
dan hoop ek jy besef – jy’t ‘n baie groot job
Vertel die mense van onse Pa.
Wees ‘n voorbeeld en hou op om te kla.

Sing ‘n lied van Salemo
en help die volk om dan te glo.
Vertel hulle almal van Matteus
En openbaar aan hulle God se heilige gees.

Jy weet Paulus het vir God om die aarde geloop,
sonder ‘n staf of selfs ‘n stukkie brood.
Só moenie nou word soos die Romeine,
want jy berhoort aan God – Ja jy is syne.

Kry die doop & breek die brood,
bly in Hom & vrees nooit die dood.
Die koningkryk van die Hemel het gekom,
so maak seker dat als wat jy doen is net vir Hom.

Wees opreg soos ‘n duif,
Dan sal jy vir ewig bly in ons Vader se huis.

POET'S NOTES ABOUT THE POEM
*Afrikaans*
COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success