In n verlate gedagte laat jy my toe,
verewig vasgedrewe in die volmaaktheid wat ek voel.
Agter die toekoms van n vergete gesig,
belowe jy die wereld, maar altyd keer jy terug.
Wat hou jou so vas? Wat keer jou om te breek?
Vertraagde reaksies as die verlede oor gebeur.
Kan jy nie sien ons loop hand-in-hand?
Deur ander oe sien jy alles meer interesant.
Nagelaat in die huidige gebeure van vandag,
struikel maar voouit in hierdie klipharde gelag.
Onthou net ek sal altyd agter jou kyk,
al voel dit asof imperfeksie jou soms ingryp...
This poem has not been translated into any other language yet.
I would like to translate this poem