Jou Naam In Ge-Ets Poem by Rita Thornhill

Jou Naam In Ge-Ets

Ek wonder of die woorde in die eeue oor jou gedagtes sal rol?
En dan keer ek terug na my tikmasjien, getroue maat,
Wat meer as net masjien is vir my,
Jy's deel van my, 'n onmisbare ekstra ledemaat,
Vertroueling wat alles uit my kry.
 
Met geen siel het ek al meer intens gedeel
Die drome en gedagtes wat deur my spoel.
Wanneer emosies deur my dwarrel en dans,
Het ons saam geluister wat die hartjie snare se.
 
Weereens vind ek skuiling,
By jou le plek in woorde, veilig.
Deel mee my diepste harts begeertes,
En verklap geen leun of seertes.


Ek sien die naam in skewe letters tart.
O, mens, is dit die diep begeerrte van jou hart:
Om soos die rots die eeue te weerstaan?
 
My lewe lank het ek na jou gesoek, verlang.
Gebid om voor die dood jou as myne te mag eien.
Maar die jare het verby gespoed en ek was bang.
 
Want op die kaal strande van vergane jare
Het net wrakke en lee skulpe die verlatendheid verbreek,
En die winde van vergeefse drome
Het duin op duin in die son laat verbleek.
 
Maar op 'n dag, onverwags, was jy daar;
Tussen dryfhout en seewier het jy gele,
Jou skulp ongewas en klam
Van die baie eensaam strominge van die see.
 
Jy is dit wat in die more 'n vreugdebeker skink,
En in die nagte ongekende drome laat wink.
Jy is dit wat met vonkeling soos van wyn
In my bloedstroom alle rede ondermyn.
 
Tot in die donker hoekies waar net ek self van weet,
Bring jy 'n ekstase deur my hart lank reeds vergeet.
Jy is dit wat die lewe weer sinvol sal maak, en ryk,
Wat frustrasies en verlangens vir altyd sal laat wyk.
 
Jy is die een...getroue…
wat my hart se vrede kan bring.
Jy is daar tot die einde,
Dis jy oor wie my bloed hier sing.
 
Miskien sal honderd jaar verbyhaas
Voor 'n ander hand daar skryf
In die voortrol van die tyd sal jou naam nooit vergaan.

COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success