Soos met die eet van ‘n Baclava
Waar ek elke krummel en korreltjie soos ‘n kosbare kleinnood vertroetel op my tong
…en keer op keer wellustig rondrol in my kies, en gerig en doelgerig versigtig fyn kou
….sodat elke sintuig die geure van vêrafgeleë spissery roetes optower, beleef en in adem
Wil ek jou gees geheel en al gulsig verorber
Wil ek jou siel geheel an al gulsig verslind
Wil ek jou liggaam en al gulsig opeet
Soos met die eet van ‘n Baclava
Waar ek fyn en versigtig suinige klein skeppies neem met ‘n silver teelepel
…beslaan met duursame en meesterlike vakman gemaakte kosbare bro-kant
….opsetlik tussen die broskors en net genoeg vulsul kies om smaaklike happies te hê
Wil ek diep skep en roer in jou gees met my gedagtes
Wil ek diep skep en roer in jou siel met my woorde
Wil ek diep skep en roer in jou liggaam met my hande
This poem has not been translated into any other language yet.
I would like to translate this poem