Lee Niks Poem by Trudy Kotze

Lee Niks

My Lief
Ek hoor nog jou stem eggo in die lee kamers van my hart


My Lief
EK sien nog jou lyf in die holte van my arm


My Lief
Ek ruik nog jou reuk op my kussing

My Lief
Ek sien nog jou oe in die poespas van my gedagtes

My Lief
Ek proe nog die sagtheid van jou lippe

My Lief
Ek mis nog jou hartklop en die wind van jou asem

My Lief
Ek is verlore
En worstel teen die bande
Wat jy om my hart gebind het

My Lief
Verslae sien ek hoe die Augustus winde
Jou voetspore toewaai
En ek staan met Lee Kamers
En ek staan met Lee Hande

EN ek val

Val Die Donker Niksheid In

Friday, October 10, 2014
Topic(s) of this poem: Love
COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success