My God Poem by Renee Maritz

My God

My God is my liefde, my God is my krag
My god id die een waarvoor ek wag
As ek net beloof om nou soet te wees
Sal hy my sondes skoon genees
Hy sal my lei, want hy maak my vry my lewe deur
Hy is daar om my van goed en kwaad te leer

My lewe dra ek op na net hom
Sonder geloof is ek niks beter as ‘n atoom bom
-verwoes alles, want ek is mos net mens,
Maar nou het ek kennis, want ek gebruik my geesteslens

Jesus christus…dit is sy seun
Onthou jy hom? ! Ja hy is die een
Die een van ware liefde en vrede
Moenie bang wees, waarvoor gaan jy nou tekere?
Hy wys mos die pad, die regte een ek skat…
Hy gee my die wapen ek moet dit net raakvat

Ek het dit gekry, maar so ook jy
Wat is dit wil jy weet, vra jy nog vir my? !
Wel dis ‘n maklike antwoord, jy behoort dit te weet
Dis die bybel my vriend! Dis die voedsel wat ek eet

Ek dra nou die gedig of rympie as jy wil
Op na hom, want ek maak nou ‘n verskil
Vir jou pappa – die gees en die mag
Die een wat my liefhet, die een wat my laat lag
Kom haal my asb, jy is die enigste een waarvoor ek wag.

Saturday, March 7, 2015
Topic(s) of this poem: love
COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success