Ses Hele Harte En Twee Halwes Poem by YURI DURAAN

Ses Hele Harte En Twee Halwes

Rating: 5.0

Dit het my asem weggeslaan
die metaal armband met die twee
kante saamgevou, wat nie raak nie
Die ingewikkelde hartpatrone rondom
dit wat uitstaan....
ses harte, en waar die band breek
aan weerskant,
twee halwes....

Twee halwe harte met 'n leemte
tussen hulle... met geen manier om
bymekaar te kom nie...
maar twee halwe harte wat deel maak
van 'n lewenssirkel wat saamgebind is
deur ses heles.

Die armband spreek van hoop...
'n liefdesgeskenk
ses hele harte en twee halwes
maak 'n volmaakte getal
gebore uit onvolmaakte liefde,
maar liefde nietemin...

en die skoonheid en die pyn daarvan
vou my dubbel,
want dit was jy wat die geskenk
gegee het....
maar nie ek wat dit ontvang het nie.

COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
166 / 122
YURI DURAAN

YURI DURAAN

South Africa
Close
Error Success