So Is Die Hart Van N Eensame Mens. Poem by Annabella Nel

So Is Die Hart Van N Eensame Mens.

Mymeringe in die na-nag wanneer die suid-ooster waai is nie vir die eensame mens bedoel nie.
Dit knaag aan die senuwees en laat die eensame mens alles herdink. N slapelose mens se siel word moeg.
Jy verbeel spoke teen die ruite wat streel met ontvleesde vingers teen mure en geute.
Jou hart voel leeg soos wanneer bome deur seisoen van blom en blaar gestroop word.
Soos wanneer alles stilstaan.
Wanneer bome bedelaars word.
Uitreik met hul lee krom takke en te wens dat die seisoen moet draai sodat hul weer in warmte deur blom en blaar gekoester kan word.
Maar soveel brue le lamrug en vergete agter ons, dat ons nie meer weet waarom ons hulle oorgesteek het nie.
In onse harte is ons n eensame ballerina op n verhoog vol skaduwees, duisende toeskouers wat opstaan en juig! Jou bestrooi met n reenboog van rose...
Maar diep in jou hart is jy eensaam soos n uil tussen murasies...
So is die hart van n eensame mens!

POET'S NOTES ABOUT THE POEM
Uitroep na liefde! ! !
COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success